Kort voor die einde van die jaar is meer as 35 000 gr. 1- en gr. 8-leerlinge in Gauteng nog nie in skole geplaas nie.
Dit verbaas hom egter nie, want Gauteng het bloot nie genoeg skole nie, sê dr. Jaco Deacon, uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas).
Die provinsiale onderwysdepartement beloof egter dat alle leerlinge voor die nuwe skooljaar geplaas sal wees.