Leerlinge van die Hoërskool Groblershoop in die Noord-Kaap, hul ouers en gemeenskapslede het Woensdagoggend die N10-hoofweg met brandende bande versper omdat hulle ontevrede is oor die skoolbusvervoer wat tot stilstand gekom het en wat leerlinge só verhoed om by die skool uit te kom.
Priscilla Isaacs, DA-woordvoerder vir onderwys in die provinsie, sê die protes is geïnisieer deur leerlinge wat in Topline, sowat 15 km buite Groblershoop, woon.
Die DA doen nou ’n beroep op die regering om dringend by die vervoerkwessie in te gryp.