Dr. Leslie van Rooi het Dinsdag uit die uitvoerende komitee (UK) van die Universiteit Stellenbosch (US) se konvokasie bedank. Hy was sedert 2019 visepresident van die konvokasie.
Van Rooi het ’n skerp bewoorde brief aan die registrateur van die US gestuur waarin hy hom distansieer van die UK-lede en hul “hooffokus op taalsake en die plek van Afrikaans aan die US”.
Hy het ’n rits redes vir sy bedanking gelys, onder meer dat die UK op ’n “uitsluitende, verengde, polariserende, verarmde en verkrampte manier wat die ideale van ’n vervloë era dien”, fokus op taalsake.