Die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS) sal in die 2022-boekjaar R47,3 miljard aan 691 432 studente aan tersiêre instellings bestee.
Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderrig, wetenskap en tegnologie, het Vrydag die aankondiging in Pretoria gemaak.
Hy het vroeër vanjaar gesê die NSFAS sal ’n bykomende begroting ontvang om te verseker dat alle kwalifiserende studente wat by universiteite en TVET-kolleges geregistreer is, ondersteuning kry.