Die Afrikaanse hoëronderwysinstelling Akademia het Woensdag ’n opwindende kwalifikasie bekend gestel om ’n nuwe geslag multimediajoernaliste en kommunikasiepraktisyns met die nodige teoretiese kennis en praktiese vaardighede vir die beroepswêreld toe te rus.
“ ’n Nuwe BA-graad in kommunikasie en joernalistiek sal van aanstaande jaar af in Afrikaans heeltyds op Akademia se nuwe kampus in Centurion aangebied word,” sê dr. Alé Steyn, programkoördineerder van die graad.
“Omdat die media-en-kommunikasiebedryf teen ’n verstommende tempo verander, bied hierdie bedryf vele uitdagings – maar ook wonderlike geleenthede – aan studente wat in kommunikasie en joernalistiek afstudeer.”