Die departement van basiese onderwys wou nie Vrydag kommentaar lewer oor die meer as R431 miljoen wat die Gautengse onderwysdepartement in drie maande aan die skoonmaak en ontsmetting van skole bestee het nie.
“Die departement van basiese onderwys sal wag op die uitslag van ’n ondersoek hieroor wat op provinsiale vlak gedoen word voordat hy kommentaar lewer,” het Elijah Mhlanga, woordvoerder van die departement van basiese onderwys, Vrydag gesê.
Die departement het tussen Junie en Augustus verlede jaar R431 274 959 betaal om skole in Gauteng skoon te maak en te ontsmet.