Die Wes-Kaapse departement van onderwys is vasbeslote om ’n einde aan enige boeliegedrag in skole te maak en om op te tree sodra hy van sulke gevalle bewus word.
Daarom het hulle destyds ook verskeie kere gepraat met die ouers van ’n hoërskoolleerling wat haar lewe in 2019 probeer neem het nadat sy glo op skool geboelie is.
“Die departement het ook hulp en ondersteuning aangebied,” het Kerry Mauchline, woordvoerder van Debbie Schäfer, Wes-Kaapse LUR vir onderwys, gesê oor klagtes dat hulle niks gedoen het nadat die ouers destyds gekla het oor hul dogter wat geboelie word nie.