Ontwrigting het voorgekom in verskeie skole in Khayelitsha waar ouers blykbaar beweer dat Covid-19-infeksies uitgebreek het, sê die Wes-Kaapse departement van onderwys.
Ontstoke ouers sê die skole in Khayelitsha is nog nie ontsmet nadat sommige onderwysers positief vir die koronavirus getoets is nie.
Kerry Mauchline, woordvoerder van die provinsiale onderwysdepartement, sê hulle weet van minstens drie skole wat sedert Woensdag ontwrig is.