Twee oud-Springbokke se borskas swel van trots, en om ’n ander rede as rugby.
Die voormalige vaskopstut Willie Meyer se dogter Jana (19) het matriek met onderskeidings in Afrikaans, Engels en lewensoriëntering geslaag.
Jana was in 2020 die onder-hoofmeisie van die Hoër Meisieskool Oranje (OMS) in Bloemfontein en die kaptein van die eerste netbalspan.