Die eienaars van verskeie kleuterskole met wie Netwerk24 gepraat het, sê ouers wat Maandag moet terugkeer werk toe, is bekommerd oor die versorging van hul kinders.
Volgens die jongste inperkingsregulasies heropen vroeëkinderontwikkelingsentrums eers op 6 Julie.
Ds. Nioma Venter van die Wes-Kaapse sinode van die NG kerk se diensgroep Diaconia, sê by die Little Seeds-sentrum is dit ouers se grootste bekommernis.