Dit gaan “op en af” met die 14-jarige leerling van die Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch wat Donderdag ernstig in ’n voorval op die skoolterrein beseer is.
’n Familielid van die seun sê dit het Maandag beter gegaan met die seun, wat glo ’n gekraakte skedel en kakebeen asook ’n gebreekte neus in ’n beweerde boelievoorval opgedoen het.
Dinsdag het sy toestand weer verswak en hy “lyk nie lekker nie”.