Leerlinge van verskillende skole in Port Elizabeth se noordelike voorstede het Vrydag ’n optog teen misdaad en geweld, en veral geweld teen kinders, gehou.
Onderwysers van die Hillcrest Primary School in Helenvale, waar Recolin Witbooi (9) skoolgegaan het, het die optog gereël nadat oorskot wat vermoedelik syne is, Sondag gekry is.
Hy is op 6 Julie laas gesien terwyl hy saam met maats in ’n kloof in die omgewing van sy ouerhuis in Barcelona naby Gelvandale in Port Elizabeth gaan visvang het.