Die polisie in die Noord-Kaap het Maandag verskeie skole in Daniëlskuil besoek om leerlinge oor geweld en dwelmmisbruik toe te spreek.
Dit volg nadat ’n onderwyser van die Hoërskool Daniëlskuil en ’n skeidsregter van die Griekwaland-Wes-skeidsregtersvereniging (GWSV) Saterdag in ’n rugbywedstryd aangerand is.
Christo Kemp, die onderwyser wat Saterdag tydens die skool se o.15-rugbywedstryd teen die Hoërskool Kathu aangerand is, is uit die hospitaal ontslaan.