Die plan van die departement van basiese onderwys om matrieks vanjaar ’n toestemmingsvorm te laat onderteken vir die publisering van hul matriekuitslae kan op ’n logistieke nagmerrie afstuur.
Dit terwyl kenners meen dis in elk geval onnodig omdat die publisering van eksamennommers niemand se identiteit bekend maak nie.
Die departement van basiese onderwys het Donderdag ná vergaderings met die Inligtingsreguleerder ’n vorm aan die sowat 900 000 matrikulante gestuur wat vanjaar die eindeksamen aflê.