’n Man is dood toe hy midde-in ’n betoging in Braamfontein deur twee rubberkoeëls getref is.
Shawn Herbst, woordvoerder van die nooddiens Netcare 911, het Woensdagoggend aan Netwerk24 gesê die voorval het gebeur tydens ’n betoging deur studente van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits).
Die studente het in die sentrale sakekern van Braamfontein betoog toe die man glo by ’n kliniek in De Beer-straat uitgestap kom en deur rubberkoeëls getref is wat die polisie afgevuur het om die betogers in bedwang te bring.