Die Gautengse onderwysdepartement kon dalk selfs meer as R431 miljoen spandeer het om skole teen Covid-19 te ontsmet.
Dit het Woensdag in die tribunaalverhoor aan die lig gekom dat verskeie maatskappye by die tender vir die ontsmetting van skole baatgevind het.
Dit sluit maatskappye in wat nie op die regering se sentrale databasis van verskaffers geregistreer is nie.