’n Oos-Kaapse skoolhoof het om verskoning gevra vir sy neerhalende Facebook-inskrywing teenoor wit mense wat glo gespruit het uit die urineer-voorval in ’n koshuis van die Universiteit Stellenbosch (US).
Samthini Patrick Duna, die hoof van Barkly East High School in Barkly-Oos, het sedertdien ook dié inskrywing van 25 Mei verwyder.
Luidens die inskrywing het Duna gesê “sommige dom wit rassiste sal nooit verander nie, ongeag hoe opgevoed hulle is”. Hy het ook die hoop uitgespreek vir ’n leier wat “hierdie oorlas” in ’n tronk sal laat verrot of na Europa sal terugjaag.