Middelklasouers wat hul kinders weens ekonomiese druk uit private skole skuif, plaas ongekende druk op openbare skole wat die kinders moet akkommodeer.
Mathanzima Mweli, direkteur-generaal van basiese onderwys, sê hoewel al nege provinsies probleme in hierdie verband ondervind, word Gauteng en die Wes-Kaap die ergste geraak.
Dit het daartoe gelei dat daar teen 1 Februarie vanjaar 1 579 leerlinge in die Wes-Kaap in veral gr. 1 en gr. 8 was wat nog nie in laer- of hoërskole geplaas is nie.