Die St. Michael’s School for Girls in Bloemfontein het in die afgelope matriekeindeksamen vir die 43ste agtereenvolgende jaar ’n 100%-slaagsyfer behaal.
Noéline Stumpfe, die skool se waarnemende hoof, sê sy is trots op die skool, die leerlinge en die onderwysers.
“Ja, goeie matriekuitslae hang baie van ons matriekonderwysers af en hulle loop regtig die ekstra myl, maar dit is nie net húl prestasie nie.”