Die stand van onderwys in Suid-Afrika laat hom uitgedaag en optimisties, angstig en opgewonde voel.
So sê Riaan van der Bergh wat saam met Juané van der Merwe op 1 Januarie 2023 uitvoerende adjunkhoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) sal wees. Hulle neem tans waar in dié amp.
Van der Bergh het hom in April 2015 as onderwystegnologiebestuurder by Fedsas aangesluit, terwyl hy ook die rol as Gauteng se provinsiale adjunkbestuurder vervul het.