Die raadsvoorsitter van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) in Bloemfontein is met onmiddellike ingang geskors.
Die raad skryf in ’n verklaring aan die universiteitsgemeenskap dat Matthew Rantso op 23 Februarie uit sy amp verwyder is as voorsorgmaatreël terwyl ’n amptelike ondersoek na sekere bewerings gedoen word.
Seithati Semenokane, SUT-woordvoerder, het aan Netwerk24 bevestig dat Rantso geskors is. Sy wou nie uitwei oor wat die bewerings is wat daartoe gelei het nie.