Die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) het sy nuwe visekanselier en rektor, die eerste vrou in die instelling se leierstoel, Woensdag amptelik op sy Bloemfontein-kampus verwelkom.
Prof. Pamela Dube (57), ’n gesoute hand in die hoër onderwys, swaai sedert die begin van die jaar die septer by die SUT.
Die universiteit het haar aanstelling begin Oktober verlede jaar aangekondig, meer as ’n jaar nadat haar voorganger, prof. Henk de Jager, by die instelling weg is.