Die bestuur van die Universiteit van Kaapstad en die studenteraad (SR) het ná twee dae van mediasie ’n ooreenkoms gesluit oor kwessies rakende die UK se beperkings op studente wat agterstallige studieskuld het.
Luidens ’n verklaring sal die UK-bestuur sy beleid oor studiegeld “op ’n raadplegende grondslag hersien, met spesifieke verwysing na die beperkings op grond van wat die universiteit kan bekostig, die behoeftes van elke student, die sosio-ekonomiese omstandighede van elke student, die akademiese prestasie van elke student, ensovoorts”.
Die beperking het vroeër tot studentebetogings op kampus gelei en klasse is ontwrig.