Die Universiteit van die Vrystaat (UV) het met toetse in die nuwe aanwending van bestaande medikasie ’n deurbraak in die moontlike behandeling van hemofilie (bloeiersiekte) gemaak.
Farmovs, ’n kliniese navorsingsmaatskappy van die UV, die kliniek vir volwasse-bloedingsiekte van die Universitas- Akademiese Hospitaal, asook kundiges van die UV was by die eerste fase van die kliniese proefneming betrokke.
Dit is deel van ’n wêreldwye studie.