Sommige onderwysers wat leerlinge én hul kollegas by skole seksueel misbruik, hou glo nie daar op nie.
“Van hulle het selfs die ouers van dieselfde leerlinge wat hulle onderrig, verkrag,” het Ella Mokgalane, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders (Saro), Dinsdag aan LP’s in die portefeuljekomitee oor basiese onderwys gesê.
Saro en raad vir gehalteversekering in algemene en verdere onderwys en opleiding, Umalusi, het aan die komitee verslag gedoen oor hul erg beperkte onderskeie begrotings.