Studenteleiers van die Universiteit Stellenbosch (US) het Donderdagmiddag hul misnoeë te kenne gegee oor die rektoraatsbesluit dat meer vroue in US-koshuise geakkommodeer sal word, moontlik deur manskoshuise vir vroulike inwoners oop te stel.
Verskeie studenteleiers verbonde aan koshuise soos Huis Marais, Dagbreek en Helderberg het hul stemme dik gemaak oor wat hulle beskryf as ’n gebrek aan kennisgewing.
“Is daar enige regverdiging daarvoor om ’n rektoraatsbesluit van verlede jaar eers in Maart vanjaar te kommunikeer?” wou Bernard Oosthuizen, huiskomiteelid van Dagbreek, weet.