Oscar Pistorius sal dalk dié keer weer net meer as ’n jaar in die tronk sit.
Regter Thokozile Masipa se vonnis van ses jaar tronkstraf weens die moord op sy destydse meisie, Reeva Steenkamp, klink ondubbelsinnig, maar verskeie paroolkenners meen Pistorius gaan skaars sy voete in die tronk sit voordat hy weer kan uitkom.
Onder die meeste omstandighede sal ’n misdadiger nadat die helfte van sy vonnis uitgedien is in aanmerking kan kom vir parool.