Die bewering dat Oscar Pistorius sy polse gesny het, “is ’n klomp twak”.
Dit was die hoek van ’n oop staallaai wat Pistorius se voorarm gesny het toe hy gegly het, sê Henke Pistorius, die voormalige lemnaeler se pa, in ’n boodskap aan Ton Vosloo, afgetrede voorsitter van Naspers, en sy vrou, Anet.
Henke het in die boodskap aan die Vosloos gesê Oscar “het ’n slaappil geneem, ’n halfuur voor hy weer opgestaan het om die toilet te gebruik”, en toe op ’n nat vloer gegly.