Twee van die vier amptenare wat geskors is weens hul betrokkenheid by seksuele wangedrag tydens die voormalige LUR Albert Fritz se ampstermyn, is afgedank.
Dit is Vrydag deur die Wes-Kaapse departement van gemeenskapsveiligheid en polisietoesig bevestig.
Ishaam Davids, woordvoerder van die departement, het Vrydag gesê die amptenare, wat ná ’n interne ondersoek ontslaan is, is weens wangedrag afgedank.