Vier amptenare in die kantoor van die Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid is voorlopig geskors terwyl aantygings van wangedrag ondersoek word.
Alan Winde, premier, se kantoor het Dinsdagoggend bevestig dat die hoof van dié provinsiale departement die amptenare voorlopig geskors het en dat die ondersoek ingevolge arbeidswetgewing uitgevoer word.
Dit is dieselfde departement waarvan Albert Fritz die LUR is en volg nadat Fritz Sondag geskors is hangende ’n ondersoek na “ernstige aantygings”.