Die DA se behoefte aan ’n adjunkleier raak al hoe groter.
Gister het 850 afgevaardigdes (49,4%) gestem dat die party se grondwet gewysig moet word om dié pos te skep, terwyl 879 (50,8%) daarteen gestem het. Die wysiging kort ’n tweederdemeerderheid om aanvaar te word.
Op die party se vorige kieskongres in November 2020 is die voorstel afgeskiet deur 61,3% van die afgevaardigdes.