AfriForum gaan sy eie elektrisiteitsopwekkingsmaatskappy begin.
Kallie Kriel, uitvoerende hoof van die burgerregte-organisasie, sê hulle is reeds in formele gesprekke met die Suid-Afrikaans gebore energiemagnaat André Pienaar gewikkel. Die langtermynplan is om met finansiering van buitelandse en plaaslike beleggers die eerste modulêre korrelbedreaktor in Suid-Afrika te ontwikkel.
Dié kernenergie-tegnologie word wêreldwyd beskou as ’n oplossing vir kragverskaffing. ’n Reaktor klein genoeg om op ’n vragmotor te pas, kan ’n dorp of stad vir tot 40 jaar van krag voorsien. Pienaar se maatskappye is reeds besig om een vir die staat Washington in Amerika te bou.