Die DAK-netwerk sê hy het opnuut die minister van hoër onderwys genader met ’n versoek vir ’n gesprek oor die status van Afrikaans as inheemse taal.
Dit volg te midde van wydverspreide ontsteltenis oor die departement se definisie van inheemse tale in sy jongste taalbeleidsraamwerk vir openbare hoëronderwysinstellings.
Dié beleidsraamwerk, in sy konsepfase, definieer “inheemse tale” as “tale wat hul ontstaan in Afrika het en tot die suidelike Bantoe-taalfamilie behoort”.