Julius Malema is tevrede dat die restaurante wat hy besoek nie meer buitelanders as Suid-Afrikaners in diens het nie.
Só het die EFF-leier Woensdag gesê nadat hy en ’n afvaardiging van die party drie restaurante in die Mall of Africa-winkelsentrum in Midrand, Johannesburg, besoek het.
Van die drie restaurante het een wel ewe veel Suid-Afrikaners en Zimbabwiërs in diens.