Agrizzi trek net ál nouer om Zuma

akkreditasie
Angelo Agrizzi  Foto: Felix Dlangamandla
Angelo Agrizzi Foto: Felix Dlangamandla

Die derde Zondo-verslag, wat hierdie week uitgereik is, trek die korrupsie-strop al hoe stywer rondom oudpres. Jacob Zuma se keel en daar is nou goeie rede om te vermoed dat hy strafregtelike ondersoeke verongeluk het in ’n poging om sy korrupte betaalmeesters te beskerm.

Die getuienis van Angelo Agrizzi, voormalige bedryfshoof van Bosasa, was veral verdoemend in die manier waarop dit Zuma direk by staatskaping betrek. Regter Raymond Zondo gee toe dat baie van sy getuienis op hoorsê berus, maar bevind dat ander getuies belangrike aspekte daarvan bevestig – soos dat Bosasa gereeld gevra is om glansgeleenthede en partytjies vir Zuma aan te bied. Een daarvan was ’n verjaardagpartytjie wat op kort kennisgewing gereël is.

Agrizzi het die uitgawes goedgekeur en volgens hom het dit sowat R3,5 miljoen per jaar beloop. Dit is in die maatskappy se finansiële state aangeteken as korporatiewe beleggings. Dudu Myeni, ’n nabye vriendin van Zuma, het die partytjies in haar getuienis voor die kommissie bevestig.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Rand - Dollar
16.44
+0.1%
Rand - Pond
19.89
-0.3%
Rand - Euro
16.74
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.53
+0.2%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,777.19
-0.1%
Silwer
20.19
-0.4%
Palladium
2,154.50
+0.1%
Platinum
938.50
+0.1%
Brent-ruolie
95.10
-3.2%
Top-40
64,726
+1.1%
Alle aandele
71,505
+1.1%
Hulpbronne 10
65,387
+3.3%
Industriële 25
87,072
+0.1%
Finansiële 15
16,239
+0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos