Albei mosies van wantroue in pres. Cyril Ramaphosa en sy hele kabinet sal Woensdagmiddag deur LP’s gedebatteer en oor gestem word.
Dit is ondanks ’n versoek in die laaste uur van die African Transformation Movement (ATM) dat sy mosie teen Ramaphosa voorlopig tot ’n latere datum uitgestel moet word.
Nosiviwe Mapisa-Nqakula, speaker van die Nasionale Vergadering (NV), wou egter niks daarvan weet nie.