Alle moorde, insluitende dié op plaasboere en hoëprofiel polisielede soos lt.kol. Charl Kinnear, is almal topprioriteite vir die nasionale vervolgingsgesag (NVG), sê adv. Rodney de Kock, adjunk- nasionale direkteur van openbare vervolgings.
Dit is die reaksie van De Kock toe hy en adv. Shamila Batohi, nasionale direkteur van openbare vervolging, en die res van die NVG-topbestuur voor die parlement verskyn het.
Batohi het egter die chaos wat Dinsdag in Senekal in die Vrystaat tydens ’n hofverskyning van twee vermeende plaasmoordenaars uitgebreek het ten sterkste veroordeel.