Amnestie Internasionaal sê Suid-Afrika behoort meer te doen om fluitjieblasers te beskerm.
Dit volg nadat die fluitjieblaser Athol Williams, wat vroeër oor verskeie individue en maatskappye, insluitend die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping getuig het, uit vrees vir sy veiligheid landuit gevlug het.
Hy het 39 partye in sy getuienis voor die Zondo-kommissie geïmpliseer. Hy het besluit om te vlug nadat vertrouelinge hom gewaarsku het teen ’n “gekoördineerde poging” teen hom, berig Hanti Otto.