’n Senior amptenaar is van korrupsie aangekla in verband met die toekenning van ’n staatskontrak aan die omstrede maatskappy Digital Vibes nadat sy glo omkoopgeld van duisende rande ontvang het.
Luidens ’n gesamentlike verklaring van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) in Gauteng en die Valke is Lizeka Tonjeni (47) op borgtog van R5 000 vrygelaat nadat sy Dinsdag in die handelshof in Pretoria verskyn het.
Sy is ’n senior amptenaar by die Munisipale Infrastruktuur-agentskap (Misa), wat onder die departement van samewerkende regering en tradisionele sake val.