Suid-Afrika is ’n vry land deels weens die onbaatsugtige bydrae van aktiviste van die destydse United Democratic Front (UDF) wat nooit gewankel het nie, maar vreesloos die apartheidsregime ten spyte van staatsgeweld en -onderdrukking gekonfronteer het.
Pres. Cyril Ramaphosa en die ANC het Vrydag só gesê toe hulle saam met alle “progressiewe” Suid-Afrikaners wat vryheid liefhet, die UDF op sy 38ste herdenkingsjaar “gesalueer” het.
Die regerende party het daarom ’n beroep op al sy lede en ondersteuners, veral jeugdiges, gedoen om die nalatenskap van die UDF lewendig te hou.