Die ANC in Johannesburg het sy streeksverkiesingskonferensie wat vir die naweek by die Cedar Woods-hotel in Woodmead beplan is, uitgestel.
Volgens Dada Morero, ANC-streeksekretaris, hou die uitstel nie daarmee verband dat Mpho Moerane, ANC-koukus-leier in die Johannesburg-metroraad, in die hospitaal is nie, maar met dispute met van die takke. Die konferensie word nou van 27 tot 29 Mei gehou.
Moerane, voormalige burgemeester van Johannesburg, is in ’n kritieke toestand in die hospitaal ná ’n motorongeluk Maandagaand. Moerane is een van die kandidate wat as streekvoorsitter sou meeding.