Mense moet ophou om oudpres. Jacob Zuma se naam en siekte te misbruik om verdeeldheid te saai, sê die ANC.
Die party het Donderdagoggend ’n verklaring uitgereik waarin hy sy kommer hieroor uitspreek.
Luidens die verklaring deur Pule Mabe, die partywoordvoerder, steun die ANC Zuma en wens hom ’n spoedige herstel toe.