Die ANC en sy regering moet geregtigheid duidelik demonstreer deur diegene wat van staatskaping in onthullings voor die Zondo-kommissie beskuldig is, aanspreeklik te hou.
Die regerende party voer self só aan in sy besprekingsdokument oor vrede en stabiliteit wat Vrydag ter voorbereiding vir sy nasionale beleidskonferensie in Julie uitgereik is.
Daarin word erken dat van die party se eie leiers en lede in dele van die Zondo-verslag wat reeds uitgereik is, geïmpliseer word.