’n ANC-LP is voorlopig geskors nadat hy geëis het dat pres. Cyril Ramaphosa aan die parlement verslag doen oor onlangse uitlatings dat belastingbetalersgeld glo gebruik is om interne ANC-leiersveldtogte te finansier.
Mervyn Dirks, ANC-LP, is Donderdag ook per brief deur Pemmy Majodina, ANC-hoofsweep, ingelig dat ’n tugproses teen hom ingestel sal word.
Dirks het vroeër vandeesweek ’n groot opskudding in die ANC-koukus veroorsaak toe hy Mkhuleko Hlengwa, voorsitter van die staande komitee vir openbare rekeninge (Skoor), skriftelik van sy versoek ingelig het.