Die ANC moet beskerm word teen diegene wat teen hernuwing in die party gekant is.
Dit was die pleidooi wat Oscar Mabuyane, ANC-voorsitter en premier in die Oos-Kaap, Sondag aan ANC-lede gerig het toe hy partylede op die ANC se 110de bestaansjaarvieringe in die O.R. Tambo-streek in Mthatha toegespreek het.
Mabuyane was die naweek een van verskeie ondersteuners van pres. Cyril Ramaphosa wat hulle op openbare platforms uitgespreek het oor die beskerming van die ANC, die Grondwet en die regbank.