Kaderontplooiing is ’n internasionale praktyk wat tot elke prys deur die ANC én sy alliansievennote in die konteks van hul transformasie-agenda verdedig moet word.
Só lui ’n uitgelekte verslag van die ANC se nasionale werkskomitee (NWK) wat Donderdag en Vrydag by ’n vergadering van die party se nasionale uitvoerende komitee (NUK) en die naweek se NUK-lekgotla ter tafel gelê is.
“Kommer is geopper oor die wyse waarop die notules van die (ANC se) ontplooiingskomitee hul weg tot in die media gevind het én die feit dat die aangeleentheid nie proaktief bestuur is nie,” sê die NWK verder daarin.