Die ANC en die regering moet vinnig optree om die krisisse rondom beurtkrag, werkloosheid, korrupsie, kabeldiefstal en die magdom ander rampe in Suid-Afrika op te los.
“Wat nou nodig is, is werklike vordering in die volgende ses maande – want die mense se geduld raak op,” sê Sizwe Pamla, Cosatu se woordvoerder, in reaksie op die ANC se onlangse lekgotla.
Pres. Cyril Ramaphosa het vandeesweek gesê die regering oorweeg ’n ramptoestand om die voortslepende kragkrisis in die land te takel. Dit sal soortgelyk wees aan die ramptoestand wat weens die Covid-19-pandemie van krag was.