Die ANC se voorstelle oor die wysiging van art. 25 van die Grondwet is “grondwetlike onsin” en “wetgewend moedswillig”.
Dit is ook gelykstaande aan die apartheidsregime se suksesvolle pogings om die “regsbevoegdheid van die howe te ondergrawe”, het Tony Leon, voormalige DA-leier, Dinsdag voor die Kaapse persklub gesê.
Dit volg op die ANC se standpunt dat die uitvoerende gesag – en nie die howe nie – moet besluit oor die vergoedingsbedrag in gevalle van grondonteiening.