Die ANC het Vrydag die omstrede voogdyskap-klousule formeel ingesluit in sy amptelike voorstel vir die wysiging van die Grondwet om onteiening sonder vergoeding uitdruklik moontlik te maak
Die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling besit reeds 9,8 miljoen ha landbougrond van die geskatte sowat 93 miljoen ha beskikbare landbougrond in die land.
As die wysiging in die Grondwet opgeneem word, sal die staat verplig wees om soveel grond as moontlik te onteien en in voogdyskap te hou om meer mense toegang tot grond te gee.