Eise dat die ANC se integriteitskommissie Lindiwe Sisulu se openlike verset teen die presidensie moet bekyk, het gister op dowe ore geval.
City Press, Rapport se susterkoerant, berig die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) het gister nie die versoek toegestaan van sekere NUK-lede dat Sisulu, minister van toerisme, voor die integriteitskomitee moet verskyn nie.
Die NUK se verskoning was dat die Sisulu-kwessie nie op die vergadering se amptelike agenda is nie, en daarom nie bespreek kan word nie.